Die ou bul het geval

Babs Vorster
2 min readJan 18, 2021

Hoe kan dinge so skeef loop?

Hoe gebeur dit dat jou kind op ‘n dag vir jou sê

Dat hy alle finansies nou oorneem?

Hoe gebeur dit dat jy ‘n kind word –

Terwyl jy gister nog beheer oor alles gehad het!?

Is dit alzheimers, skade op die brein

Of die hartaanval wat skade gemaak het?

Hoe het dit gebeur dat die ou bul

Geval het en in die modder lê –

‘n gebroke stukkie mens wat oor is?

Hoe gaan ‘n mens aan

As alles onder jou uitgeruk word?

Hoe bly jy sterk

As dit lyk asof alles verkeerd loop?

Hoe behou jy geloof in ‘n gebroke man?

Vandag is dit oorgegee in die Here se hande.

Het Hy beheer geneem.

Nou sal Hy die gebroke stukkie mens neem

Hom heel, bietjie paneelklop

En help dat ons enduit hierdie pad kan stap.

Dinge sal sommer beter gaan,

Want die Here is in beheer

En Hy gaan vir ons die pad vorentoe wys.

Hy gaan my versterk

Om my man te dra in die tye

Wat hy swak is.

Hoe kan dit dan nie beter gaan nie?

Hoe kan ek dan nie bly wees nie?

Die Here, my Koning

Is nou in beheer,

Neem alles in Sy hande oor!!

Dankie Here dat U in beheer is!

Dankie dat U oorneem

Dankie dat U liefde ons dra

Wanneer ons oud is

En weer soos kinders word.

Dankie dat U omgee -

Verby woedebuie kyk,

Verby vergeet kyk,

Verby baklei en foute kyk,

En altyd net bly omgee!

Dankie dat U nie een keer verwyt nie!

Dankie dat U verstaan

Dat U ons dra as ons onsself nie kan dra nie.

Dankie dat U help

Wanneer ons kragte ingee!

2021.01.18

--

--

Babs Vorster

My real name is Babs Geldenhuys. My dad had three daughters. His surname died with him. I am writing under my maiden name so that my dad’s surname will prevail!